|
|||||||||||||||||||||
|
“Hierdie boek is die eerste omvattende werk oor die afgelope negentig jaar wat die historiese en kulturele aspekte van die geskiedenis van ons eie Suid-Afrikaanse perd, die Boerperd, boekstaaf. In dr. du Toit se boek kom die Boerperd se wonderlike eienskappe van gehardheid, selfsorgsaamheid, gedienstigheid, betroubaarheid en veelsydigheid tot uiting.” -- Dr Frans van der Merwe, Voormalige D-G, Departement Landbou “Die toegewyde insette van dr. du Toit om hierdie boek te produseer, die wydte en diepte van sy naslaanwerk en sy liefde vir ’n dier wat ’n Suid-Afrikaanse kultuurerfenis in eie reg geword het, laat mens sprakeloos. Die Suid-Afrikaanse Veterinêre Stigting is trots om deel te hê aan ’n monumentale werk wat die onmisbare rol van ’n dier in die ontwikkeling van ons land so indrukwekkend boekstaaf.” -- Dr Remo Lobetti, Voorsitter: SA Veterinêre Stigting |
|
"Mens kan nie help om beïndruk te word deur die ingrypende rol wat ’n plaasdier in die geskiedenis van ons land en sy mense gespeel het nie; en hoe honderde duisende van hierdie edel diere in die proses die hoogste prys betaal het. Nogtans het die Boerperd nie sy lojaliteit en liefde vir die mens verloor nie en bly die ras een van die mees veelsydigste en hanteerbaarste van alle perderasse. Ek kan hierdie boek sonder enige voorbehoud aan almal aanbeveel.” -- Oom Hennie Ahlers “Mens het hier met besonder omvattende geskiedkundige navorsing op oorspronklike, moeilik-toeganklike materiaal te make wat so aangebied word dat dit omvattende en uiters waardevolle inligting aan die leser bied. Die verskillende hoeke waaruit dr. du Toit die Suid-Afrikaanse perd toelig en die hoeveelheid oorspronklike materiaal wat hy benut om dit te vermag, is waarlik verstommend.” -- Dr RD Bigalke, SA Veterinêre Vereniging |
|||||||||||||||||||