logo

Eben Nel (Geskiedskrywer):
“Ek het die boek slegs op die rekenaar gesien en vir drie ure daarna gekyk. Die voorblad en inhoud was verstommend. Ek is net ‘n geskiedkundige navorser en haal my hoed af vir die indiepte-nagevorste boek.
Ek self het tydens my navorsing nog nooit so ‘n manuskrip deurgewerk wat sulke omvattende inligting aangaande historiese en kulturele inligting aangaande die Boerperd staaf nie.
Ek is van beskeie mening dat hier in Suid-Afrika daar nog nooit so ‘n passievolle boek oor die SA Boerperd verskyn het nie, en ek sluit alle ander perderasse ook in.
Geen perdeliefhebber sal Kobus du Toit se lewenswerk kan negeer nie. Dit het vyf jaar geneem om die boek te skryf en een jaar om die uitlegwerk te doen.
Ek doen ‘n beroep op Kaaplanders en perdeliefhebbers, dit is ‘n boek duisend, enig in sy soort en ‘n moet op elke perdeliefhebber se rak.
Die prys van R1,000.00 is waarde vir geld.”

Die volkleur boek bestaan uit 12 hoofstukke en 6 aanhangsels afkomstig vanaf die volgende bronne:

  • 114 boeke
  • 70 internetverwysings
  • 125 wetenskaplike joernale
  • 3 plakkate
  • 6 ongepubliseerde bronne
  • 9 persoonlike mededelings en
  • 5 argiewe
Die inhoud beslaan 542 A4 bladsye met meer as 320 fotos, 40 tabelle en 40 figure.

Dr RD Bigalke (SA Veterinêre Vereniging):
Hierdie praguitgawe deur Kobus du Toit is ‘n besondere mylpaal in die te-boekstelling van die geskiedenis van die Boerperd van Suid-Afrika.
Die boek is wyd aangevoor. Opsommend is dit die verhaal van die buitelandse oorsprong van die rasse waaruit die Boerperd ontstaan het; die rasse van perde wat in Suid-Afrika voorkom of voorgekom het; die bloedlyne van die Boerperd, wat

eintlik die geskiedenis van lyne is wat aan spesifieke

‘perdeliefhebber-families’ behoort het en dikwels die familie se naam, soos Steenkamp of Van der Wath, gekry het; dan die rol wat oorloë – veral die Anglo- Boereoorlog – en siektes gespeel het om perdegetalle te laat afneem; faktore wat perdegetalle laat toeneem het; kultuurhistoriese aspekte wat met die Boerperd verband hou en enkele ander aspekte.
Die grafiese werk in die boek se gehalte is nie slegs uit die boonste rakke nie maar ook besonder innoverend, soos die collage waarmee die aktiwiteite van die Instituut se entstoffabriek, voorheen en tans, uitgebeeld word. Oorspronklik ook, is die illustrasie met die geografiese verspreiding van perdesiekte en die draer-muggie, Culicoides.
In dr. du Toit se boek word hoofsaaklik op inligting wat verspreid in die literatuur voorkom gefokus. Hy kwoteer inderdaad soms lang dele uit moeilik-bekombare en dus onbenutte dokumente en ander bronne wat hy tydens sy navorsing oor die onderwerp teëgekom het.