|
|||||||||||||||||||||
|
“Met die skrywe van die Boerperd se geskiedenis in Suid-Afrika is my gemoed van hoofstuk tot hoofstuk deur wisselende emosies gevul: Heimwee toe die perd deur die motor vervang is in die era van meganisasie – ’n tyd wat ons nooit weer sal terug kry nie. Aggressie vir die wandade wat vrou, kind en dier moes deurmaak tydens die Anglo-Boereoorlog – ’n tyd waaraan ek niks kan doen nie. Trots op my veearts-kollegas wat Onderstepoort internasionale erkenning gegee het deur die navorsing op siektes soos perdesiekte. Blydskap dat versiende telers die diere in ’n perderas kon saamsnoer en ’n kultuurskat vir die nageslag kon nalaat. Verbasing om te sien op watter terreine die boerperd ons kultuur bevorder het, veral tydens die drie belangrikste gebeurtenisse in ons se lewe: met doop, trou en sterfte het hy jou daarheen gedra. Opgewondenheid oor ’n blink toekoms van ’n ras waarop ons as Suid-Afrikaners trots kan wees. Moedeloosheid tydens die soeke na inligting. Dit het gevoel soos om te delf vir diamante, jy grawe en weet nie wat jy gaan kry nie. |
|
Ek spreek my wens uit dat die ras
net van krag tot krag sal gaan en hy
bewaar en vertroetel sal bly soos ‘n
kosbare erfstuk. Alle eer aan die
telers van gister en sukses word
toegewens vir die telers van vandag
en môre... Kobus du Toit |
|||||||||||||||||||